Anna-Mart van der Merwe in Landmyn: ‘n Verhaal van familie en trauma

Share This Article:

Anna-Mart van der Merwe is te sien in Landmyn, ‘n kortfilm oor die kompleksiteit van families.

Vir die eerste keer in ’n dekade herenig Colette, Johan en Lisa vir ’n wintervakansie aan die Suid-Afrikaanse kus.

Elkeen het elders ’n lewe opgebou in ’n poging om die onstabiliteit van hul kinderdae en die lang skadu van hul ma, Annatjie, te ontsnap. Die atmosfeer verander radikaal wanneer Colette verklap dat sy hul ma genooi het. Annatjie arriveer soos ’n storm en trek die familie terug in ou patrone van wrewel, oorlewingsmeganismes en onafgehandelde geskiedenis.

Mettertyd laat haar teenwoordigheid die afstand verdwyn wat hulle tussen hulself en hul verlede probeer sit het. Elkeen word gedwing om te vra hoeveel van hul lewens steeds om haar swaartekrag wentel, en of daardie houvas ooit werklik verbreek kan word. Landmyn is ’n intieme kamerdrama oor geërfde trauma, pligpleging en die onmoontlike daad van opgee en laat vaar.

Afdeling: SPEELFILM / FEATURE FILM
Genre: Drama
Vervaardiger: Zandré Coetzer, Chanél Muller
Produksiehuis: NAGVLUG FILMS
Regisseur: Nico Scheepers
Draaiboekskrywer: Nico Scheepers
Redigeerder: Regardt Botha
Kinematograaf: Chris Lotz SASC
Klankbaan: Richard Onraet
Rolverdeling: Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn, Dhania Schultz, Nicole Holm, Juan-Christoff Smith
Jaar: 2026

Sien lusmaker hier:

https://youtu.be/BNruON_WquY?si=2PmFnDOGpGTg7zsB

Bron: kykNET

Tags :

annette.happeningnews

womeninmedia@happeningnews.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Stay Informed

Subscribe for breaking news, trusted South African reporting, exclusive interviews and our weekly news roundup.

No spam. Unsubscribe anytime.

    Categories

    About HappeningNews

    HappeningNews is an independent South African digital news platform delivering breaking news, insightful features, lifestyle stories, and inspiring voices.

    Home to Women in Media and our exclusive editorial columns, we keep readers informed with accurate and engaging content from South Africa and around the world.

    © 2026 HappeningNews. All Rights Reserved. 

    Independent South African Digital News Platform