Nostalgie met Badisa by Die Bron Teater.
Badisa Persverklaring
Onthou jy nog toe jy papiervliegtuigies gevou het en gewonder het hoe ver dit kan vlieg? Badisa, een van Afrika se grootste maatskaplike welsynsorganisasies, bring hierdie nostalgiese kunswerk terug tydens hul From Paper to Possibilities-konferensie op 9 September by Die Bron Teater, Willowbridge.
Hier gaan daar nie net gesels word oor netwerke, gemeenskapsprojekte en die bestuur van kunsmatige intelligensie nie. Jy kan ook kulkunsies verwag, luister na Springbok Sewes-ster Jayden Nell, en vermaak word deur Suid-Afrika se liefling, Leah, en natuurlik… elke tannie se droom, Early B!
Op Woensdag 9 September bring Badisa mense uit verskillende sektore by Die Bron, Willowbridge Mall, bymekaar vir ’n dag van vars denke, nuwe idees en nuwe moontlikhede.
Met ’n energieke program wat name soos Early B, Springbok Sewes-speler Jayden Nell en Leah is die konferensie ontwerp om mense te inspireer, gesprekke te stimuleer en nuwe perspektiewe op ons werk en gemeenskappe te ontsluit.
Vir besighede is dit meer as net ’n konferensie. Dit is ’n geleentheid om sigbaarheid te kry, nuwe verhoudings te bou, produkte en dienste ten toon te stel en deel te word van ’n netwerk van mense wat ’n positiewe verskil wil maak. Besighede kan ook aan die verskafferuitstalling deelneem.
From Paper to Possibilities gaan oor die krag van een idee. Een gesprek. Een verbinding. Soms is dit al wat nodig is om iets nuuts aan die gang te sit.
Kom skryf saam met ons aan wat volgende moontlik is.
Bespreek jou plek vir From Paper to Possibilities en kom beleef ’n dag van vars idees, betekenisvolle gesprekke en nuwe moontlikhede.
Datum: 9 September 2026
Tyd: 9:00- 16:00 & 18:00- 21:00
Plek: Die Bron Kerk, Willowbridge Mall, Tygervallei
Koste: R150
Meer inligting: www.badisa.org.za
Kaartjies is net R150 op Quicket. Moenie dit misloop nie!
Bron: Badisa



