Jagter Toets Vaardigheid, Karakter en Etiek – Nuwe kykNET-realiteitsreeks

Share This Article:

Die nuwe kykNET reeks – Jagter lê ’n sterk fokus op etiese jag, natuurbewaring en volhoubare omgang met die veld. Jagter beklemtoon dat ware jagvernuf nie net gaan oor die vermoë om ’n skoot te neem en die teiken te tref nie, maar oor die oordeel om te weet wanneer om nié te skiet nie. Respek vir wild, habitat en die natuurlike omgewing vorm deel van die beoordelingskriteria.

Die bekoorlike, ongerepte Suid-Afrikaanse bosveld, waar die reeks afspeel, is soos ’n aktiewe dertiende deelnemer aan die kompetisie. Terrein, afstand, weersomstandighede, uitputting en tydsdruk toets deelnemers voortdurend en dwing hulle om taai besluite onder moeilike omstandighede te neem.

Die reeks word aangebied deur die gewilde akteur Nico Panagio, wat wyd bekend is as aanbieder van Survivor Suid-Afrika en Top Billing.

“Jagter gaan oor baie meer as die oomblik wanneer iemand die sneller trek. Dit gaan oor verantwoordelikheid, dissipline, respek vir die natuur en die besluite wat lank voor daardie oomblik geneem word. Ons wou ’n reeks skep wat die vaardighede van jagters vier, maar ook die waardes wat verantwoordelike jag onderlê. Uiteindelik gaan Jagter nie net bepaal wie die beste kan skiet nie, maar wie die karakter en oordeel het om die titel werklik te verdien,” sê Louis Schoeman, skepper en uitvoerende vervaardiger van Jagter.

Namate die reeks vorder, word die uitdagings moeiliker, die kompetisie feller en die druk groter. Tegniese vaardigheid alleen sal egter nie genoeg wees nie. Karakter tel. Oordeel tel. Selfbeheersing tel. En etiek tel.

Jagter plaas ook die kollig op die verhouding tussen jag, natuurbewaring en gemeenskapsbetrokkenheid. Deur die #HelpJag-voedingskemawys die reeks hoe wildsvleis aangewend kan word om behoeftige kleuters te help voed, en beklemtoon dit die waarde van verantwoordelike wildbestuur en gemeenskapsimpak.

Met asemrowende bosveldlandskappe, veeleisende uitdagings en sterk persoonlikhede gaan Jagter kykers vasgenael hou.

Meer inligting oor die 12 deelnemers sal binnekort aan die publiek bekend gestel word.

Jagter begin Woensdag 9 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

https://www.dstv.com/en-za/news/152228/jagter?srsltid=AYCX9vIVQOyNq4-FobdTAmoyTtQL3dX3PcSzQX1by6cVvyJBcjSP_ktH

Tags :

Annette Havenga

womeninmedia@happeningnews.co.za

Journalist Writer Radio Presenter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Stay Informed

Subscribe for breaking news, trusted South African reporting, exclusive interviews and our weekly news roundup.

No spam. Unsubscribe anytime.

    Categories

    About HappeningNews

    HappeningNews is an independent South African digital news platform delivering breaking news, insightful features, lifestyle stories, and inspiring voices.

    Home to Women in Media and our exclusive editorial columns, we keep readers informed with accurate and engaging content from South Africa and around the world.

    © 2026 HappeningNews. All Rights Reserved.

    Independent South African Digital News Platform