Onthou:
Jy sal jou Quicket-kaartjies vir elke sessie byderhand moet hê om te sien wat jou sitpleknommer is. Dit sal by die ingang van elke vertoning of sessie deur die Quicket-span geskandeer word.
Alle program-items is oop vir besprekings totdat die venue volbespreek is. Klik hier vir die volledige feesprogram en om vir enige item op die program te bespreek.


As jy ’n kans sonder ’n kaartjie wil vat of iets volbespreek is wat jy bitter graag wil sien – gaan staan in die Laat Maar Lucky-ry. Daar sal een by die teaterdeure van die Rotunda, Theatre on the Bay en die Silwerskermkamer wees waarin jy kan wag vir enige oop sitplekke.
Kontant, foon of kaart?
The Bay Hotel is ’n kontantlose venue, maar Theatre On The Bay aanvaar wel kontant.
Gratis pendeldiens: Bussies ry dwarsdeur die dag tussen die The Bay Hotel en Theatre On The Bay, asook tussen die Bay en gemeenskapsvertonings. Feesgangers kan gratis van hierdie vervoer gebruik maak.
Raak ontslae van jou aankomsangs
Vanaf 13:00 op Woensdag 19 Augustus, Dag 1 van die fees, bedien VUMA gratis drankies vir die eerste feesgaste. Kom klink ’n glasie op die begin van die fees saam met ons, maak jou tuis en begin ontspan.
En as jy nog kaartjies wil koop:
Koop kaartjies hier:
Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie word by twee prysuitdelingsgeleenthede op 22 Augustus oorhandig: die eerste een Saterdagoggend by The Bay Hotel, en die tweede een Saterdagaand by die Kiks (CTICC).
Die oggendtoekennings by die Bay gaan ’n uitgelate geleentheid wees met Die kantoor se Emma (Daniah de Villiers) en Joubert (Gert du Plessis) as die seremoniemeesters. Daar gaan dus beslis chemistry wees. Beide akteurs is in dieselfde TV-kategorie vir ‘n Silwerskermtoekenning benoem vir hul spel in dié gewilde mokumentêr.
Drie groot geeste word vanjaar by die kykNET Silwerskermfees se toekenningsgeleenthede in Kaapstad vereer vir hul lewensbydrae tot die vermaaklikheidsbedryf: ’n filmmaker wat skaars kon praat toe vertel hy al stories, ’n geliefde en bekroonde akteur en ’n skrywer-regisseur wat die kuns verstaan om mense te laat lag.



Die legendariese filmmaker Koos Roets ontvang Saterdagoggend 22 Augustus sy eerbewys by The Bay Hotel, terwyl die akteur Ivan Abrahams en die komedie-genie Willie Esterhuizen Saterdagaand by die Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie in die Kiks gehuldig word.
Die Silwerskermfees bied elke jaar ’n reeks gespesialiseerde werkswinkels en insiggegewnde paneelgesprekke oor bedryfsrelevante temas aan.
In die werkswinkels kan jy nuwe vaardighede by kundiges leer, en by die paneelgesprekke kan jy saam met kenners gesels oor kwessies wat alle rolprent- en TV-makers raak.
Sitplekke is nou skaars, maar vir die volgende drie opwindende vertonings kan jy nog bespreek:
1. Die voorskou van die eerste episode van Tweespalt – ’n dokumentêre reeks oor die wedywering tussen die Bokke en All Blacks.
2. Die Clermont Coups de Cœur – ’n keur van sewe internasionale kortfilms van dwarsoor die wêreld wat vanjaar by die Clermont-Ferrand-kortfilmfees te sien was. Dié fees word as die “Cannes vir kortfilms” beskou en is die tweede grootste rolprentfees in Frankryk.
3. Die dokumentêre reeks Die Bom vertel die verhaal van geheimhouding, spioenasie, terreur en politieke intrige agter Suid-Afrika se kernkragprogram gedurende die apartheidsjare. ’n Voorskou van die eerste episode word by die fees vertoon.
Verskeie herhalings van speelfilms, dokumentrêre en kortfilms het ook nog sitplek. Gaan na die Silwerskermfeesblad op Quicket deur op die oranje knoppie onder te klik om ’n oorsig te kry van rolprente wat herhaal word.
Bron: kykNet



