Desember bring ’n ander ritme: lang somerdae, feestafels en tyd om na mekaar se stories te luister.
Lees ook: ‘Wees ‘n Lig’ – Yolandie Versprei ‘n Boodskap van Liefde en Hoop met Kersenkelsnit
Op VIA dek Herman Lensing die tafel vir ’n Kersfees by die see, waar bekende geure en nuwe idees die mense rondom die tafel bymekaarbring.

Op Oukersaand bring musiek ruimte vir geloof, hoop en verbondenheid.
En tussen dié spesiale geleenthede neem nuwe episodes kykers van die wildbedryf se uitdagings na familiegesprekke en die persoonlike betekenis van ’n tuiste.
Table of Contents
VIA Vier Kersfees Aan Tafel met Herman Lensing
Die somervakansie wink en die seelug roep in Herman se Kerstafel, ’n spesiale Desemberreeks waarin Herman Lensing kykers na Yzerfontein neem om die lekkerte van ’n Suid-Afrikaanse Kersfees by die see te vier. In vier episodes deel hy feestelike spyskaarte, persoonlike kosherinneringe en idees vir tafels wat mense nader aan mekaar bring.
Van gevulde eiers, koue hoenderpastei en romerige beestongjaffels tot oondgebraaide lamsblad, steurgarnale en feestelike gammon: Herman gee bekende gunstelinge ’n vars kinkel. Soet afsluitings sluit onder meer witsjokolade-panna cotta en ’n karamel-rum-en-piesangtrifle in. Stap-vir-stap-demonstrasies en kreatiewe tafeldek-idees bied inspirasie vir kykers se eie feesvieringe.
Die vier episodes, met Food Lover’s Market as hoofborg, begin op 4 Desember en word Vrydae om 18:00 uitgesaai; die laaste episode word op Kersdag vertoon.
VIA Vier met Musiek vir Oueraand
Saam in lof bring bekende Afrikaanse kunstenaars byeen vir ’n viering van geloof, hoop en verbondenheid. Jo Black, Rouchelle Liedemann, Coenie de Villiers, Deon Meiring, Jannie du Toit, Frieda van den Heever en Neil Büchner is onder die kunstenaars wat aan die produksie deelneem.

Die konsert was die amptelike afsluiting van PredikanteSAAMkoms 2026, waar tussen 700 en 750 predikante, diensleraars en proponente in Augustus by die ATKV Goudini-vakansieoord in Rawsonville byeengekom het vir persoonlike versorging, herstel en die hernuwing van hul roeping.
Nou bring Saam in lof iets van dié saamwees na kykers se sitkamers.
Die konsert word op Oukersaand, 24 Desember, om 20:00 uitgesaai. Herhalings volg op 25 Desember om 18:30 en 26 Desember om 19:00.
VIA Vier met Soveel Meer
Die wildbedryf is veel meer as ’n ontmoeting met indrukwekkende diere. In Dis wild, wat onlangs begin het, reis Shari Kennedy van die Karoo na Bona Bona en die Noord-Kaap om die mense te ontmoet wat dié wêreld aan die gang hou. Desember se episodes wys hoe gereguleerde jag inkomste vir bewaring kan ondersteun, bied ’n blik op ’n wildplaasgesin se erfenis van wildtelery en volg die voorbereiding en kompetisie by die Groot Kalahari-veiling buite Askham. Dit word Sondae om 20:00 uitgesaai, met Veilingswinkel as hoofborg en Kalahari Genetics as medeborg.
In Gesels gaan Leandie du Randt voort om verhale oor die bande tussen mense en die familie wat hul lewens vorm, te vertel. Desember se gaste sluit Sherlin Barends en haar pa in, asook Annie Klopper saam met haar seuntjie Jax en die egpaar Loricia en Ramey Short. Gesels is Saterdae om 18:00 en word aangebied in samewerking met Lamelle.


Frank Rautenbach verwelkom in Hier sit die manne mense met buitengewone stories oor deursettingsvermoë en die draaipunte wat hul lewens help verander het. Hy gesels rugby, uithouvermoë, herstel en die hantering van druk met gaste soos Ricardo Duarttee, Juan de Jongh, Reinardt Janse van Rensburg en Vasti Manser. Dit word Saterdae om 17:00 uitgesaai, met Bob.co.za as hoofborg.
In Meer as net ’n poskode word ’n adres die beginpunt van ’n persoonlike ontdekkingstog. In Desember maak Nicky Coetzee in Welgemoed en Heike Hayward in die Paarl hul deure oop en wys hoe hul huise, woonbuurte en omgewings deel van hul tuisgevoel vorm. Die reeks word Maandae om 19:30 uitgesaai, met Lifta as borg.
Bron en Verwysings
WM Media













