Die jong Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Justin Coetzee is besig om sy eie merk in die Afrikaanse musiekbedryf te maak met eerlike lirieke, moderne popklanke en ‘n opregte passie vir storievertelling.
Met elke vrystelling wys hy groei as kunstenaar en bou hy aan ‘n unieke musikale identiteit wat aanklank vind by ‘n nuwe generasie Afrikaanse musiekliefhebbers.
Na die sukses van sy debuut-enkelsnit “Aan My Sy” en die gewilde “Aan My Sy (Remix)” saam met DJ Dexter, keer Justin terug met ‘n vars, moderne Afrikaanse popklank wat eerlike emosie, energieke ritmes en treffende lirieke saambring.
“Op Soek Na Liefde” vertel die verhaal van iemand wat, te midde van eensaamheid, steeds met hoop en geloof uitsien na ware liefde.
Dit is ‘n lied oor verlange, drome en die universele begeerte om iemand te vind met wie jy jou lewe en mooiste herinneringe kan deel.
Die aansteeklike melodie en opregte boodskap maak dit ‘n lied waarmee baie mense sal kan identifiseer.
“Ek hoop hierdie lied gee mense hoop dat liefde steeds bestaan en dat elkeen op die regte tyd iemand sal vind wat hul hart volmaak,” sê Justin Coetzee.
Met “Op Soek Na Liefde” neem Justin nóg ‘n belangrike tree vorentoe in sy loopbaan en bevestig hy sy plek as een van die opwindende jong stemme in die hedendaagse Afrikaanse popmusiek.
Radiostasies, media en samestellers word uitgenooi om “Op Soek Na Liefde” te ondersteun en deel te wees van hierdie opwindende nuwe hoofstuk in Justin Coetzee se loopbaan.
ENKELSNIT-INLIGTING
Kunstenaar: Justin Coetzee
Enkelsnit: Op Soek Na Liefde
Vrystellingsdatum: 7 Augustus 2026
ISRC: ZB2OE2600014
Skrywers: Justin Coetzee & Eugene Nel
Vervaardiging: Eugene Nel
Platemaatskappy: Artist Village
Beskikbaar op alle groot stromingsplatforms:
Spotify • Apple Music • YouTube Music • Deezer • Amazon Music en vele meer.
Luister hier:
https://ffm.to/justin-coetzee-op-soek-na-liefde
Die amptelike musiekvideo word later bekendgestel.



